Authors: Annelie Botes
… The individuals listed on this forum are those who have falsely claimed to be Qualified South
African Special Forces Operators, or who have falsely claimed to have served in / with / detached to
Special Force.
These individuals are to be found in all walks of life. From the Board room to the Bar room, in
civilian, military and law-enforcement circles, in academic and research environments, in virtually all
or any occupations.
They share no common denominator other than dishonesty.
Such individuals steal the honour of the real Operators, and they dishonour the name of the Special
Forces.
They are a disgrace to themselves and their country.
They prey upon the good intentions of people by falsely and dishonestly trying to solicit attention,
sympathy, unearned respect or some other aspect of personal gain.
Toe die deurknop ná middernag draai, sit sy in die donker agter die deur met haar raket. Dit sal die
allerlaaste nag wees dat hy die deurknop draai. Hy brul toe die raket hom tussen sy skouerblaaie tref. Hy
tol om. Sy tref sy boarm. Skop sy enkels teen mekaar vas en hy donder op die plankvloer neer. Haar
tekkie tref hom in die ribbes. Hy kreun swaar
“Bliksemse lafaard! Ek het genóég van jou opgevreet! Jy sal nóóit weer,” en sy tref hom weer in die
ribbes, “jou twee pote naby my …” In die donker sien sy nie hy steek sy hand uit na die bokhaarvelletjie
waarop sy staan nie.
’n Week later kon sy vir die eerste keer tot in die kombuis loop. Stadig, met haar hand teen die
gangmuur.
Mabel het vir haar rooibostee gemaak. En haar hare gekam op die bankie onder die blaarlose
jakarandaboom by die agterdeur.
“Laat ek vandag vir jou sê, Gertruida, God sal hom swaar straf; moenie jy worry nie. Voor ek vergeet,
ek het die onderwyser ge-sms en gesê jy kom nie dorp toe nie, want jy en jou pa is opgehou met stukkende
draadheinings en waterlekke, doer agter in die garingblaaikamp. Jy sal eers aanskomende week dorp toe
kom. En help nie hy bel of sms jou nie, want jy’s in die berge en jou foon lê by die huis.”
Sy het toe nooit die taalvraestel opgestel nie.
Toe sy die volgende Vrydag effens hinkend by Die Koffiekan inloop, het sy haar storie agtermekaar
gehad oor ’n skuinshelling en ’n los klip waarop sy getrap het.
Sy sit kruisbeen teen die kiepersol. Haar hart is mateloos verlig dat Abel en Susarah nooit weer terugkom
nie. Terselfdertyd pyn haar hart, omdat dit later nodig geword het om Braham weg te stuur uit haar
duisternisse.
He had kind eyes and hands
and was a friend of sorrow
Sy eet braaihoender, bruinaartappels, geelrys. Gemmerpoeding met vla. Vee haar hande aan haar
sweetpakbroek af en lees Mabel se briefie
. Ek kom vanaand tot by jou in die huis. Daar’s iets wat ons
moet uitpraat. Skiet maar op my as jy die hart het. Jy moet jou selfoon aansit, my sms’e kom nie by jou
uit nie. Mama stuur haar seën. Mabel
.
Trek die balpuntpennetjie uit haar Victorinox se hef. Dan
kie vir die kos
,
Mabel. Ek wíl nie my foon
aansit nie. Ek gaan kliphuis toe om iets in die koekblik te kry. Dalk slaap ek vannag daar. Jy moet
ophou by die honeysuckle rondsluip, ek sien jou. Sala kahle vir Mama Thandeka. Gertruida.
Drink lou koffie uit die toeskroef-koeldrankbotteltjie. Daar mors ’n druppel op haar klere. Dit was
onprakties om ’n wit sweetpak aan te trek. Die knieë is bruin van vloer was. Vanaand gooi sy hom weg.
Een van die min tasbare herinneringe wat sy oorhet van haar tennisdae op skool.
Die Desembervakansie van haar standerdagtjaar het sy bykans heeltyd op die tennisbaan deurgebring.
Tennismasjien. Tennismuur. Saans ook. By spreiligte.
Abel moes betáál.
Sedert die winter toe dit vroeg donker geword het, het sy gekarring oor spreiligte. Hy wou stuipe kry.
Sy flikflooi, manipuleer. Dans in die maanlig voor die venster. Dra die rugruiter oor verlate nagvlaktes.
Hy weier volstrek. Nie eens toe sy die bed téénaan Ouma Strydom se spieëlkas skuif, wil hy kopgee nie.
Hy kom terug van die dorp af met ’n rekenaar en drukker vir haar. Laat installeer internet in haar
kamer. “By die laaste ouer-onderwyseraand,” sê hy, “is gesê ’n rekenaar en internetfasiliteite gee
leerlinge ’n voorsprong. Ek voel ek skuld jou dit.”
Dis nie spreiligte nie. Sy wíl spreiligte hê.
Dit kos haar beter choreografie uitdink vir haar konserte.
Regdeur die dag treiter Gertruida die rugruiter agter die digte deur.
Iewers tussen die winter en die lente raak sy geheg aan die rekenaar en internet. Want daar is
ontsnapping in rekenaarspeletjies en dwaal op die internet. Wanneer Abel se asem in haar gesig blaas,
skiet sy geel-rooi-blou Tetrisblokkies; die Packman-mannetjie hap deur die doolhof en vreet kolletjies; sy
skuif die Solitaire-knoppies oor en oor tot daar net een reg in die middel oor is. In jou kop kán mens
gelyktydig rekenaarspeletjies speel én doen wat Abel beveel.
Sy was nog nie in die skool nie, toe sit sy en Mama Thandeka eendag op die houtbankie onder die
jakaranda by die agterdeur. Hulle eet swartpap. Daar val ’n pers kelkieblom op haar pap. Mama
Thandeka sê sy moet die blommetjie saam met haar pap insluk, dan kan sy iets wens, en dit sal waar
word.
Sy wil wens Anthonie moet lewend word, maar sy is nie lus vir wens nie, want sy sit sleg omdat haar
pietermuis seer is. Al van die dag voor gister af. Die bloed het al wéér dwarsdeur haar pajamabroek
gegaan, tot op die laken. Toe sy haar aantrek in die oggend, sit haar broek aan haar pietermuis vas. Trek
dit stadig los, sluk haar trane in. Dis sleg om Gouelokkies te wees. Die aand sien sy Mama Thandeka het
’n skoon paslaken opgesit en haar pajamas gewas. Sy wonder of alles dalk net ’n opmaakdroom was.
“Ek wil niks wens nie,” sê sy en gooi die jakarandakelkie weg.
“Vertel dan wat het jy laastere nag gedroom,” sê Mama Thandeka, “of enige nag.”
Sy het nie gedroom nie, maar dis maklik om drome op te maak. “Ek het gedroom daar kom ’n slang by
my kamer ingeseil en pik my op my blaas. Toe’s daar ’n gaatjie in my blaas waar die pie uitloop, en
bietjie bloed van die pikplek ook.”
“Vaderlandjie, Gertruida, waffer soort slang was dít?”
“’n Mamba. Ek wil nie meer swartpap hê nie, dis te sout.”
“Jy’t seker te min suiker oorgegooi.”
Toe gaan haal Mama Thandeka die suikerpot en strooi nog suiker oor. Sy wil nie eet nie. Daar val ’n
kelkie op haar kop. Mama Thandeka sing “Siembamba” en voer haar soos ’n babatjie. Maar Mama
Thandeka sing “Siembamba” anders as die regte “Siembamba”.
Sien die mamba, Mama se kindjie, sien die mamba …
Draai sy nek om, gooi hom in die sloot.
Trap op sy kop dan is hy dood …
“Jy sing verkeerd, Mama Thandeka! Dis nie ‘sien die mamba’ nie, dis ‘siembamba’!”
“Ek sing reg, Gertruida. Dit ís ’n mamba. Dis hoekom hy in ’n sloot gegooi moet kom en doodgetrap
moet word.”
Sy lê teen Mama Thandeka se arm en wag vir nog klokkies om op haar te val. Al wil sy niks wens nie.
“Gertruida,” sê Mama Thandeka, “as daar weer ’n mamba in jou kamer kom, moet jy my sê. Dan gaan
pluk ek en jy ghwarriebessies doer in die fonteinkamp en kook dit. Dan smeer ons ’n streep van die sop
aan die vloer by jou deur. ’n Mamba seil nooit oor ghwarriebessiesop nie.”
Tydens die terugrit ná die Paasnaweek, die keer toe sy in die nag dorp toe geloop het, het Braham
probeer gesels, maar daar was ’n stomheid oor haar.
“Ek is nie kwaad of beneuk nie, Braham, ek het net niks om te sê nie.”
“Ek dink jy moet by ’n sielkundige kom, Gertruida, vir jou eie beswil. Ek weet nie wát jy moet
uitsorteer nie, maar dis duidelik dat daar iéts is.”
“Ek was al by een, dit het niks gehelp nie.”
“Hoe lank gelede was dit?”
“In graad elf, toe ek die skoueroperasie gehad het.”
Hulle ry. Tien kilometer. Twintig. Sy skink vir hom koffie. Hulle praat nie.
Saterdagaand laat, die huis en siekekamer was al donker, het sy by haar venster gestaan en na die
kwynende volmaan gekyk. Haar gedagtes was ’n warboel. ’n Verslapte kringspier, Leipoldt se
“Kersnaglegende”, die internetrekening wat sy opjaag en waaroor Abel so sanik. En Braham wat met haar
wil trou.
Sy wíl. Maar dit sal gedoem wees. ’n Huwelik moet ’n huwelik wees. Die angs en verwildering wat
sy beleef het toe hy haar by die sementtafel gesoen het, is genoeg om haar daarvan te weerhou om sy lewe
saam met hare te vernietig. Duisende flitsende gedagtes. Dit voel of daar ’n ster in haar kop oopbars. As
sy Braham prysgee, sal sy niks hê nie. Nie eens hoop nie.
Toe steek sy die kers op haar bedtafeltjie aan en trek haar klere uit. Alles. Haal die wet wipes uit haar
handsak; maak seker sy is skóón. Trek haar kamerjas aan en loop met die blaker na Braham se kamer toe.
Trek die kamerjas in die gang uit. Druk die deurknip af. Stap in. Sluit die deur. Loop tot voor sy bed. Hy
slaap.
“Braham,” en sy druk teen sy skouer. Slaapvervaard kom hy op sy elmboog, soek na sy bril op die
bedtafeltjie. “Braham, ek kom lê by jou.”
“Gertruida?” Hy sak stadig terug teen die kussings. Sy arms, bruin van ure op die tennisbaan, rus op
die wit lakenomslag. “Jy is só mooi … Die kersvlam gooi skadu’s oor jou lyf …”
Sit die blaker op die bedkassie. “Skuif op.” Sy staan teenaan die bed, binne bereik van sy hande. Hy
steek sy hand uit, raak aan die buitekant van haar kuit. Vryf liggies tot amper by haar enkel; op tot by haar
knie; weer ondertoe.
“Die nag is warm,” sê hy, “maar jy bewe.”
Sy buk en lig die laken op om by hom in te klim. Hy hou haar pols vas en gooi self die laken af; klim
uit en staan langs haar. Sy sien sy harde manheid in sy slaapbroek. Sy begin geluidloos huil. Hy trek haar
nader, hou haar kaal lyf teen hom vas.
“Net so gereed as wat ék hiervoor is, Gertruida, net so min is jý gereed. Om jou te vat terwyl jy huil,
sal gelykstaan aan verkragting.”
“Ek wíl my vir jou gee …”
“Ek wíl jou hê. Maar nie vannag nie. Jy het nog tyd nodig.” Hy tel die blaker op. “Kom, dan loop ek
saam met jou kamer toe.”
Hy draai die sleutel; tel haar kamerjas op en hang dit om haar. Loop voor haar met die gang af. Hy vee
haar trane af met die nagklere wat op haar bed se voetenent lê. “Kom, trek jou aan, dan sit ek by jou tot jy
slaap.”
Sy kan nie ophou kyk na die bult in sy slaapbroek nie. Sy verstaan niks. Al wat sy weet, is dat sy hom
nooit mag verloor nie. Hy sál haar Avignon toe neem. Waar Avignon ook al mag wees.
Dertig kilometer. Hy gee die fleskoppie terug. “Jy lieg oor die skoueroperasie, Gertruida.” Katvoet
trap. “Hoekom sal ek dáároor lieg?” “Vertel jy eerder vir my hoekom.” Sag, nie bakleierig nie. “Daar’s
absoluut niks te vertel nie, behalwe dat ek ’n skoueroperasie gehad het, en in daardie tyd teen my sin by ’n
sielkundige …” “Kom ék vertel die waarheid vir jou, soos jy dit ook ken. In daardie tyd was jou pa-hulle
met vakansie, en ek is Kiepersolkloof toe. Die ou vrou wou my niks sê nie. Maar ek het Mabel langs die
pad gekry met sakke kruideniersware. Met ’n telefoonnommer wat sy my gegee het, het ek jou opgespoor.
Al die pad Oos-Londen toe gery, na die adres toe. Jy het my nie gesien nie, maar ek het met my eie oë
gesien
jy was ver swanger.” Haar kop wil bars. “Vir wie het jy vertel?” “Vir niemand. Omdat ek jou tóé
reeds liefgehad het.” “Goed, nou weet jy.” Gouelokkies moenie vries in die koue woud nie. “Ek is
verkrag, en my dônnerse vername pa
en ma wou nie dat dit op die lappe …” “Verkrag deur wie?” “Ek weet nie. Dit was nag, die man het ’n
klapmus …” “Ek dink jy lieg al weer, Gertruida. Wie beskerm jy?” “Ek beskerm niemand. Ek sê mos ek
weet nie wie die
man was nie.” “En die kind?” “Asseblief, Braham, kom ons los dit. Eendag sal ek jou
vertel, miskien. Dis ’n tyd wat ek wil vergeet.” “Ek wil met jou trou, Gertruida, moenie dít vergeet
nie.
Asseblief nie.” “Ek sal nie.” Sy wou hê hy moet haar by Bosfontein se afdraai aflaai.
Hy wou nie. “Ek neem jou tot b´y die huis. As dít meebring dat ek my pos kwyt is, dan is dit nou maar
só. Dalk doen jou pa my ’n guns, want my teensin in die onderwysstrukture raak by die dag groter.”
Haar ma het met wringende hande op die stoep uitgekom en gesê haar pa is in die garingblaaikamp om
’n koei met ’n gebreekte been te skiet. Braham het haar koffer by die voordeur neergesit. Toe hy wegry en
waai, het sy die dag onder die jakaranda onthou toe die pers klokkies op haar swartpap geval het.
Maar toe was dit lankal te laat vir ghwarriebessiesop aansmeer.
Sy sou nié ophou voordat sy die spreiligte het nie. Die een of ander tyd sou Abel kopgee.
Sonder dat sy dit so wou, het die siek gemors haar mag oor hulle gegee.
“Goeie God, Gertruida!” roep Susarah een Sondag aan tafel. “Hou op om my en jou pa te manipuleer!
Wat is miskien snotterig aan die karringmelkpoeding? Of sóék jy gedurig iets om ons mee te treiter?”
“Ma kom nou net uit die kerk uit. Weet Ma nie mens mag nie die Naam van die Here ydellik …?”
“Ag, bly net in Godsnaam stil! Jy maak of óns kinders is!”
Sy dop die bakkie poeding wat Susarah voor haar neersit terug in die bak.
Eerdat eiegeregtige
Gertruida dit eet, gee Gertruida dit terug.
Kyk smalend na hulle. Hulle oë is kwaad. Hulle oë is bang.