Thula-thula (afr) (21 page)

Read Thula-thula (afr) Online

Authors: Annelie Botes

BOOK: Thula-thula (afr)
3.55Mb size Format: txt, pdf, ePub

“Ek wil nie jou gesig lek nie, ek wil jou poesietjie lek.”

“Wat is ’n poesietjie?”

Toe trek Andrea haar broek af en wys haar pietermuis. “Trek jou broek ook af.”

Sy het gegril, want Andrea se pietermuis was rooi soos rou vleis. “As jy dit weer doen, gaan ek vir my

ma sê jy doen lelike goed!”

“Is nie lelik nie! My pa sê ek het die mooiste poesietjie in die wêreld. Hy lek my brandplekke gesond.

Hy sê spoeg is die heel beste salf.”

Sy het die pop neergegooi en uitgehardloop, want dit het verkeerd gevoel. En sy was bang haar mond

vertel vanself oor goeters soos towersalf. Van toe af het sy niks van Andrea gehou nie.

Haar ma het haar skool toe geneem en gewys waar is haar klas. Van al die ma’s was háár ma die

mooiste aangetrek. Pêreloorbelle en ’n handsak wat pas by die oorbelle. Haar juffrou was Juffrou Robin.

Sy het nie vir Juffrou Robin goed geken nie, want sy het nie tennis gespeel nie en het na die Engelse kerk

toe gegaan. Maar Juffrou Robin was Anthonie se sub A-juffrou en sy het
uit-ste-kend
langs sy goue

sterretjies geskryf.

Daar was ham en tamatie op haar pousebrood. Die swartpeper se fyn stippeltjies het aan die tamatie

vasgesit.

Ná pouse het hulle op die mat gesit en na die Sewe Bokkies geluister. Daar was blourooi spataartjies

om Juffrou Robin se enkels. Hoe oud moet mens wees voor jy spatare kry? Gelukkig het haar pa en ma nie

spatare nie.

In standerd vier het sy by die dorpsbiblioteek aangesluit en Mister Williston leer ken. Toe sy hom die

eerste keer sien, het hy haar aan Petrus van die Bybel laat dink. Woensdae in staptyd het sy in die

biblioteek gesit. Sy wou nie alleen in die dorp drentel nie, en ook nie na Andrea se huis toe gaan nie,

want sy wou nie alleen by Andrea wees nie. Buitendien, die een keer toe sy daar was, het die huis haar

benoud gemaak. Spokerig, muf. Gordyne toegetrek. Andrea se ma het anders gelyk as die gawe tombola-

tannie, of as by die tennis, asof dit nie dieselfde mens is nie, en haar maag het hard gewerk.

Dit was sleg.

Die biblioteek is lekker. Daar is tydskrifte en koerante; dit ruik na meubelolie en papier. Sy gril nie vir

Mister Williston nie. En niemand práát nie. Niemand verwag jy´moet praat nie. Eendag as sy klaar is met

skool en sy het te min geld vir ’n turksvyplaas, gaan sy ’n bibliotekaresse word. Omdat dit ’n werk is

waar mens min hoef te praat.

Mister Williston het haar geleer boeke sorteer en wegpak. Dís hoe sy afgekom het op die Kwakerboek.

Hy het toegelaat dat sy die grootmensboek uitneem. Steek dit onder haar koshuismatras weg, vat dit die

naweek huis toe. Die geluk was aan haar kant: Abel het vergeet om sy kantoor te sluit in tennistyd.

Fotostateer die boek. Vat die ponsmasjientjie en leggerplaatjies en neem dit saam met die fotostate

kliphuis toe in ’n winkelsak, sodat dit nie natreën nie. Dit was ’n Engelse boek, en sy het gesukkel met die

woorde.

Die volgende naweek steel sy haar ma se tweetalige woordeboek en neem dit ook kliphuis toe. Sy hét

’n tweetalige woordeboek wat Tannie Lyla vir haar gebring het, maar dis in haar toesluitkassie in die

koshuis se studiesaal. Dit moet daar bly, want sy is die enigste standerdvierkind met ’n tweetalige

woordeboek. Dit laat haar belangrik voel.

Daar was ’n allemintige palawer toe haar ma die woordeboek soek vir blokraaisels invul.

“Dit kan net j ´y wees wat dit gevat het, Gertruida!”

“Sê Ma miskien ek is ’n dief?”

“Jy was nog klein, toe steel jy al goed uit die spens en uit jou pa se waenhuis om veld toe te dra. Wáár

is my woordeboek, Gertruida?”

“Kom soek my kamer deur, ek is onskuldig.” Eintlik wóú sy hê haar ma moet sien die onderste

spieëlkaslaai is gesluit, en glo die woordeboek is daar. Sodat sy die laai laat uitbreek en afkom op Abel

se oorsese speelgoedjies.

Met elke moontlike kans het sy weggeloop kliphuis toe en met die Kwakerboek gesit. Later soos ’n

resitasie geken.
Priest and rituals are an unnecessary obstruction between the believer and God …
.

Weier om kerk en Sondagskool toe gaan. As haar ma-hulle haar dwing, hardloop sy weg.

Quakers do not celebrate Easter and Christmas
… Paashase, tjoklit-eiers en Kerspresente is simpel.

Quakers don’t believe in sacraments
… Weier jare later om belydenis van geloof af te lê. Sy sou hulle

nié hulle sin gee nie. Die jaar toe haar maandstonde begin, het sy haar in die rivier ontdoop.
Quakers

refuse to take oaths, or to take off their hats before a magistrate
… Die stilbly-belofte aan Abel kon sy

nie doodvee nie, al wou sy. Maar daarom het sy Andrea se landdrospa nie gegroet by die tennis nie.

Children are specifically welcomed …
Iewers waar sy welkom is. Dankie, Here. Quakers established the

first anti-slavery move
ment … Eendag sál die dag kom dat sy nie Abel se maan
ligslaaf is nie.

Toe Juffrou Robin die Sewe Bokkies klaar gelees het, kon hulle prentjies kyk. Sy wou eerder die storie

weer hoor. Maar Juffrou Robin het gesê sy het ander klaswerk om te doen. Toe sy sê sy kan lees, lag die

ander sub A’s. Hulle sê sy jok.

Hoe kan hulle nie weet hoe lyk ’n r en ’n d of hoe klink ie nie? Want sy kon álles lees. Elke letter en

maatjieklank. Lang woorde ook. Omdat Anthonie haar gewys het. En nadat hy dood is, het Mabel haar

geleer.

Mabel was nege toe Anthonie dood is. Wanneer haar pa Mabel met die bakkie na Tannie Magriet se skool

toe neem, was sy jaloers. Al was daar net bruin kinders in die skooltjie, wou sy só graag saamgaan. Maar

haar pa het gesê eers wanneer sy ses is, gaan sy dorpskool toe.

Middae sit sy en Mabel in die boomhuis, dan leer Mabel haar lees en skryf.

“Mens kry twee alfabette,” sê Mabel.

“Jy jok mos nou, Mabel.”

“Issie. Jou ma het my geleer. Mens kry die gewone abc, én mens kry die alfabet van die feetjies. Die

alfabet van die feetjies beginte almal met blomme.”

“Sê hom vir my op, toe?” Sy sien sommer aan Mabel se gesig sy dink ’n storie uit.

“Anemoon, botterblom, cherry, daisy, edelweiss, forgetme-not …”

Dalk praat Mabel die waarheid. “Ek wil liewer die gewone abc oefen.”

Mabel laat haar oefen om ’n d en ’n D te maak. Al die ander letters.

“Nee,” sê Mabel, “moenie by die lang strepie van die d beginte nie; beginte by die vet magie. Dan

gaan jy so om en om met jou potlood. Skryf stadiger, Gertruida, moenie dat die magie oor die lyn gaan nie

… Gaan nou opperder vir die lang been …”

Wanneer hulle in die boomhuis speel, wil sy vir Mabel vertel van towersalf en ander geheime. Soos

die rooi vetkryt se papiertjie wat in haar pietermuis losgekom het. Toe haal haar pa dit met sy pinkie uit.

Hy sukkel, sy sê einaeina. Dis soos wintertyd as jou lippe by die hoekies skeur as jy groot gaap. Haar

lippe skeur nie meer in die hoekies nie. ’n Bobbejaanspinnekop met ’n lang slurp het haar lippe gerek. Dit

stink soos soet vis. Jy wil opbring as die slurp verby jou kleintongetjie druk. Jy kan nie jou kop wegruk

nie, want die pappabeer hou jou kop vas en sê jy moet jou oats-pap eet. As jy klaar die oatspap ingesluk

het en jy huil omdat jou keel seer is, gee jou pa jou ’n diakenspilletjie om te suig.

Elke keer belowe hy jy gaan ’n BRNO .22 kry vir jou tiende verjaarsdag. Maar net as jy stilbly.

Jy probeer die slapies tel tot dan, maar jy raak deurmekaar.

Jy vertel nie vir Mabel wat die pappabeer doen met die houtlepelsteel nie; netnou wil sy nie die

melktert eet wat jou ma daarmee roer nie. Of van die dag toe jy bang was die pappabeer steek jou

pietermuis per ongeluk aan die brand met die aansteker wat altyd by die gasstoof lê.

Stilbly, anders kom die likkewaan. En jy kry nie ’n .22 nie.

Sy was twee keer in sub A, maar van die tweede jaar kan sy omtrent net die dag in die biblioteek met

Meneer Niemand onthou. Dis beter as sy niks probéér onthou nie. Kry die huis gesorteer, laat die bouers

kom, kry kundige advies oor die aanplant van kommersiële turksvyboorde.

Vergeet dat sy gedroom het om bibliotekaresse te wees. Haar pa het gesê dit maak nie saak hóé goed

sy in tale is nie, sy het nie die regte vakke vir universiteitsvrystelling nie, en sy is vir hom goud werd op

Kiepersolkloof.

Goud werd waarmee?

Hoekom het hy haar aangemoedig tot ’n vakkeuse wat haar vlerke sou knip?

Sy skuif die kombers van haar skouers af en grawe ’n gat in die riviersand. Toe die syferwater begin

inlek, spoeg sy in die gat, drie maal. Een vir Abel. Een vir Susarah. Een vir Braham.

Sy kom regop, trap die sand vas, skud die kombers uit. Begin aanstap opstal toe.

Vandag wil sy die twee gastekamers leegmaak.

Niemand mag van “Anthonie se kamer” praat nie. Dis amper twee-en-twintig jaar, en Abel en Susarah het

op die vooraand van hulle dood steeds oor hom baklei.

Die lekkerste lekker was om op Anthonie se bed te sit en deur sy skoolboeke te blaai. Snaakse lettertjies.

Goue sterretjies wat Juffrou Robin ingeplak en waarlangs sy iets geskryf het.

Wat staan hier, Anthonie?

Uitstekend.

Wys die letters vir my, toe?

Uit-ste-kend.

Wys élke letter.

Jy moet eers leer van maatjieklanke soos ui en oe en ie, Gertruida.

Leer jy my, toe, Anthonie?

Net tot die horlosie vier slaan, dan moet jy loop, ek moet ’n aardrykskundekaart van die Sahara teken.

Wat is aardrykskunde?

Dis om te leer van die aarde.

Wat is die Sahara?

Dis die grootste woestyn in die wêreld.

Wat is ’n woestyn?

Dis kokende warm sand, verder as van hier tot in die dorp.

Wat is geskiedenis?

Dis om te leer wat in die wêreld gebeur.

Wat is wetenskap?

Jissus, Gertruida, jy hou bliksemswil nooit op nie!

Ek gaan vir Ma sê hoe vloek jy.

As jy nie sê nie, sal ek jou wys van oe en ie en ui. Kyk, die u en die i van Gertruida maak ’n ui-

bondeltjie.

Toe doen Anthonie iets wat haar nooit weer sou verlaat nie.

Kyk, Gertruida, as jy ui vat en jy sit ’n t aan – hy het die t met sy potlood gewys – dan is dit uit. As jy

vooraan die ui ’n r sit en agteraan ’n t, dan word dit ruit. En as jy eers die t en dan die r en dan die ui sit,

is dit trui. Kom ek wys jou die ie ook.

Wys nog, Anthonie?

Nee, volgende naweek. Loop nou, ek wil my kaart teken.

’n Wêreld van letters het voor haar ontvou. Towergoed. Sit ure op die toilet met haar ma se tydskrifte,

tot haar bene prik. Soek woorde met ie en ui en eu en ei. Die volgende naweek het Anthonie die aa en die

ee en die uu gewys.

“Het Ma geweet Gertruida kan amper lees?” het hy een aand aan tafel gevra. “Ma moet sien hoeveel

woorde kan sy bou en in Ma se Saries en Huisgenote opsoek.”

Sy het opgespring van die tafel en ’n Huisgenoot gaan haal. Klomp woorde vir hulle gewys. Toe gee

haar pa die rooi kersie op sy roomys vir haar en sê sy is ’n genie.

Wat is ’n genie? Wat is ’n kuslyn? En wiskunde? Watter kleur hare het Jesus? Wat is

vendusiekommissie? Hoe bly ’n skip op die water? Hoekom ry treine nie op ’n teerpad nie? Waar het

Rooikappie haar mantel gekoop? Hoe weet mens as November verander in Desember? Hoekom is haar

verjaarsdag se naam Nuwejaarsdag, en Anthonie verjaar op ’n dag sonder ’n naam?

“As jy thula tot die langwyster bo is,” sê Mama Thandeka, “maak ek vir jou soete swartpap. Hierso,

kom sny die groenbone se punte af met die skêr.”

Vra. Uitvind. Nuwe goeters hoor. Van alles en alles was dit die lekkerste.

“Bly stil, Truia,” haar pa draai die bakkieradio hard, “Pappa wil nuus luister.”

Ry, ry, ry. Tot die nuus klaar is. Hoe weet die radio wanneer is hy af en wanneer is hy aan? Hoe kom

die man wat die nuus lees se stem tot by die vygieboskamp?

“Ek het ’n plan,” en haar ma trek die kopspelde uit die lap. “Vat ál die
Huisgenote
na jou kamer toe.

Vir altyd. Dan kan jy die woorde met jou potloodkryte inkleur.”

Grootste present. Om
Huisgenote
te hê en jy mag daarin skryf. In die wit randjie rondom die

tikwoorde het sy nuwe woorde gemaak. Al het sy nie ál die letters geken nie, het sy die letters van

Gertruida geken. En die maatjieklanke wat Anthonie haar geleer het.
Reg. Die. Deeg. Drie. Gaar. Dier.

Terg. Riet. Deur. Dit. Daar. Tier. Tert. Dag. Rug
.

Dit neem lank om woorde te maak. Later pie sy amper in haar broek, maar sy wil nie ophou nie. As die

tennismense kom, wys sy haar woorde vir hulle.

“Genade, Susarah, die kind is skaars vier! Sy is besónder intelligent!”

“Sy tel dit by Anthonie op. Martie by die speelskool sê sy wil heeldag lees. Wil nie klei rol of verf

nie. Tot die balletkonsert is half vergete. Sy’t knaend in die gang geoefen met die balletskoentjies aan, en

die kastanjette aan haar polse.”

Sy kon lankal tot twintig tel. Kersfees toe daar ’n rooibessiekrans op die voordeur is en Anthonie hoef

nie skool toe te gaan nie, het hy haar tot by honderd geleer. Maklik, mens moet net dink as jy van die nege

af oorgaan, soos nege-en-sestig … sewentig. Snags kon sy nie slaap nie. Heeltyd getel, woorde gebou.

Toe wys Anthonie haar wat + en – en x en ÷ beteken. Gooi die boksie windbukskoeëltjies op sy mat uit en

leer haar bondeltjies maak. Skaars begin, of sy stop hom. “Ek weet nou hoe. Ek sal self bondeltjies

uitpak.”

“Maar, Gertruida, dis moeilike somme en jy …”

“Sê jy die som, dan maak ek die bondeltjie. Kom, ek wys jou, toe?”

Hy het belowe hy sal haar die hele alfabet leer in Paastyd as dit weer skoolvakansie is.

Other books

Ivory Lyre by Murphy, Shirley Rousseau
Voices at Whisper Bend by Katherine Ayres
The Book of the Dead by John Mitchinson, John Lloyd
How They Were Found by Bell, Matt