Thula-thula (afr) (20 page)

Read Thula-thula (afr) Online

Authors: Annelie Botes

BOOK: Thula-thula (afr)
6.97Mb size Format: txt, pdf, ePub

Iewerster in die middel het Missus Susarah in haar handpalms gestaan en huil. Saggietjies, soos die

aandwind deur die rivierriete. Want hoe kies ’n mens?

Jy kies liewerster nie.

Want waffer kant toe jy ook al kies, dit sal die verkeerde kant wees.

Stadig omdraai, sodat die kooi nie kraak nie. Trek die kombers oor my kop, anderster gaan ek heelnag

sterretjinners soek. Dan slaap ek niks, en oggendtyd kraak my litte soos droë fynhoutjies. Dan’s my kragte

te min om ordentlik vir Gertruida te bid.

Vrydag, 29 Augustus 2008

◊◊◊

Toegevou in die kombers waaronder sy geslaap het, kniel sy by die sandkruis. Dis mistig by die rivier.

Haar bidwoorde is weg. Om na die kruis en kolgansvere te kyk, is dieselfde as bid. Waarvoor moet sy

bid? Alles waarvoor sy so lank gebid het, is bewaarheid.

Behalwe Braham.

Tog, al is die hel verby, bly sy soekend na hoe dit kón verloop het as sy nie by Hermanus omgekyk het

nie. Dalk sou sy beter daaraan toe gewees het as sy, soos Andrea, polisie toe gegaan en die skande

oopgevlek het. Opgehou het om magteloos te voel. Waarom het sy nie besittingloos weggeloop en elders

’n lewe saamgeflans nie? Hom in die veld geskiet en voorgegee dis ’n ongeluk nie?

Hoekom. Waarom. Dalk. Miskien. Sê nou maar. Wat as …?

As die verskriklike ding nie met Andrea gebeur het nie, sou háár pad dalk anders geloop het. Maar soms

gebeur daar goed met ander mense wat jóú pad in ’n rigting dwing.

Andrea. Logge Andrea wat uit die put wou klim, maar net dieper weggesak het. Andrea met die drie

buite-egtelike kinders van wie sy nie die pa’s kan uitwys nie. Andrea met die rougeëte vingernaels, wat

die kasregister by die koöperasie slaan.

Daar is ’n taai vlieg wat aanhoudend op haar regterhand kom sit. Die piepende dakwaaier in Die

Koffiekan kry nie die hitte weggewaai nie. Hoekom kies die vlieg háár hand om op vas te plak? Juis haar

regterhand?

“Ek was vroeër by die koöperasie.” Skuif die suikerpot na Braham toe. “Andrea lyk sleg. Ek dink sy’s

weer swanger. Om te dink sy’s drie-en-twintig, en sit met drie kinders. Sy lyk verweerd. Eintlik kry ek

haar so jammer …”

“Ek ook. Maar as ek die munt omdraai, kry ek haar glad nie jammer nie.”

“Braham!” Geskok. “Hoe kan enige mens haar nié jammer kry nie?”

“Andrea is ’n jellievis, Gertruida. Ruggraatloos en …”

“Hoe kan jy só sê? Sy’s kaalvoet deur die hel, en het genoeg moed gehad om die gemors aan die kaak

te stel en op te staan vir haarself.”

“En toe sy opstaan, gaan lê sy weer met haar gesig in die stof. Dís nie opstaan nie, Gertruida; dis om

jouself vrywillig in ’n piering water te verdrink. Jy weet mos: Within each man lies the cause of whatever

comes to him?”

Iets in haar wou nie ophou skrik nie. Die vlieg pla haar. “Jy vergeet sy was getraumatiseerd; verraai

deur ’n gesagsfiguur wat sy met haar lewe behóórt te kon vertrou. En op die ou end sit hy in die tronk deur

haar toedoen, al is dit eintlik deur sy eie toedoen, en sy is die een wat sukkel om liggaam en siel …”

“Jy’s reg, Gertruida. Maar die keuse oor die pad vorentoe het by Andrea gelê. Sy kon teruggekom het

skool toe, en die een of ander kwalifikasie bekom het. Of sy onsedelik lewe is nie nou die kwessie nie,

maar ten minste kan sy sorg dat sy nie kort-kort swanger word nie. Die bron van haar trauma, haar pa, is

nie meer daar om …”

“Nee, Braham, oor dáárdie een is jy verkeerd. Of haar pa nou in die tronk of in sy graf of in die

Saharawoestyn is, hy sal áltyd by haar bly.” Skud die vlieg driftig van haar hand af. “Dis ’n Kaïnsmerk

wat sy nooit afgeskuur sal kry nie.”

Flarde van die sessies by die sielkundige in Oos-Londen kom na haar terug. “Jy moet onthou daar’s

van kleins af gepeuter met haar reg om haar eie besluite te mag neem. In haar eie oë is sy net ’n hoer, al sê

die kerk of die koning sy is ’n heilige prinses.” Die vlieg kom sit op haar wang.

Die vorige nag was haar regterarm lam gekarring. Ruil hande. Abel stamp in haar ribbes en sê sy

moenie haar linkerhand gebruik nie, dis rukkerig, sonder ritme. In die warm nag pêrel die sweet teen haar

slape; haar mond is papierdroog. Regterhand. Vinniger, dit moet klaarkry. Sy sien die donker lyn van haar

.22 teen die muur. As sy die geweer gryp … Nee, sy moet wag tot hulle draadheinings naloop, of die

beeste van kamp verskuif, dan moet sy hom met sy eie .303 hel toe stuur.

“Bring asseblief tog vir my ’n vlieëplak,” vra sy vir die kelnerin.

Rooi vlieëplak. Rooi driewiel. Rooi is afskuwelik. Hou die plak na Braham uit. “Slaan assebliéf

hierdie vlieg dood.”

Die vlieg verpulp op haar hand. Badkamer toe. Was hande. Was, was, was. Die water is koel. Dit voel

asof sy gisteraand se vullis saam met die vlieg afwas.

Skuif weer by die tafel agter die nooienshaarvaring in. “Ek wil nie verder oor Andrea praat nie, dit

ontstel my.”

Braham skuif die blompotjie eenkant toe; hou sy palms na bo op die tafel. “Dis volgende Vrydagaand

die skool se kultuurkonsert. Die matrieks dramatiseer ’n uittreksel uit
Kringe in ’n Bos
. Gaan saam met

my, toe?”

“Ek kan nie. Ons dip volgende Vrydag beeste.”

“Ek weet jy hou nie daarvan nie, maar sit net jou hande ’n paar sekondes in myne.”

Tien sekondes. Koelgewaste hande. Die aanraking laat ruk haar blaas. Sy neem haar hande weg. “Ek

moet nou ry, my pa wag vir die trekkerfilters. Dis my betaalbeurt.” Sit geld en ’n groot fooitjie in die

rekeningomslag. “Moenie volgende Vrydag vir my wag nie, jy weet mos ons dip beeste.”

Sy trek die middelste kolgansveer uit die sandkruis. Skryf met die skag in die sand.
Gertruida draai die

dae terug
. Sy wéét Braham het haar nie verraai nie. Dis sy wat hom voortdurend uit haar lewe

weggestoot het. Nie omdat sy wou nie, maar omdat sy bang was hy verander in ’n nagruiter wie se asem

in haar gesig blaas.

Hoe de hel kry Andrea dit reg om saam met ander mans te slaap?

Moenie aan Andrea dink nie. Dink eerder hoe sy die skuur kan omskep in ’n fabriek. Sién hoe pluk die

vrouens turksvye. Hóór hoe lui haar plaasskooltjie se klok.

Sy kan nie konsentreer op die visioen nie. Want ou-ou goed druk tussenin. Dis dáár, soos Andrea se

spoke wat nooit ophou loop het nie.

Groot dele van haar kinderjare is in presiese besonderhede in haar geheue aangeteken. Maar ander dele is

skynbaar uitgewis. Of verwronge, want haar ma-hulle het altyd gesê sy dink stories uit.

“Dis nie ’n wég nie, Gertruida,” het die sielkundige in Oos-Londen gesê. “Niks in ’n mens se

geheuebank word vernietig nie. Dit slaap net, soms baie diep. Maar as mens …”

“My ma-hulle sê dis verdigsels.” Sy het haar hemp styfgetrek oor die bol van haar maag, “Lyk dié

miskien na ’n verdigsel?”

“Ek glo vir geen oomblik jy fabriseer verdigsels nie, Gertruida. Wat wel gebeur, is dat mens jou

vroeëre jare in terme van prentjies en reuke en gemoedstemminge onthou. En meesal in die verkeerde

volgorde, omdat jy dan nog nie ’n sin ontwikkel het vir tyd en ruimte en dimensie nie.”

“As ek dit in die verkeerde orde onthou, hoef ek dit netsowel glad nie te onthou nie. Want dan is daar

fout met my herinneringe.”

“Die feit dat jy wéét, ongeag die volgorde, is goed genoeg. Pleks daarvan om die korrektheid daarvan

te betwyfel, kan jy baat vind deur jou herinneringe neer te skryf. Jy sal sien hoe vloei die prentjies …”

Ineens verlang sy na die rivier en die kolganse. Die vinke raas. Sy trek voortjies in die sand met ’n

riet.
Gertruida dra regtig die gedagte dat die tragedie gedurigdeur deur gerugte reguit gedraai …

“Ekskuus tog, my gedagtes het afgedwaal.”

“As jy jou herinneringe neerskryf, sal die legkaartstukkies mettertyd sinvol inpas. Hoe goed ken jy

Gouelokkies en Sneeuwitjie en Rooikappie?”

’n Spiertjie spring by haar ooghoek. Die kind skop seer teen haar ribbes. “Ek ken dit van agter na voor;

ek het dit seker honderd keer gehoor. Alle kinders ken dit.”

“Jy, en alle kinders, ken dit so goed, Gertruida, juis omdat dit so dikwels vir jou vertel is. Wanneer

laas het jy dit gehoor?”

“Seker in die laerskool, so tien jaar gelede.”

“Wanneer laas het jou pa jou gemolesteer?”

“In die Junievakansie, toe ek ses maande swanger was. Vark.”

“Dit het begin in die tyd ná jou broer se dood. Tóé het jy dit nie met ’n ouderdom geassosieer nie,

maar met jou broer se dood. Met reën en koue. Jy kan onthou jy en jou pa het op die stoeptrap na die

bloumaan gekyk. Op die kerkalmanak kon jy sien dit was bloumaan in Julie 1983, toe jy vier en ’n half

was. Jy onthou jou ma het sneeuklokkies gepluk toe sy teruggekom het van die VLV-kongres.

Sneeuklokkies blom ongeveer in September … ”

Die vrou grawe te diep, sy wens die uur is al verby.

“Nou, op neëntien, kan jy alles bymekaarsit en uitwerk dat jy ongeveer vier jaar en nege maande was

toe die lelike ding begin het. Sedertdien het daar bykans nooit ’n maand verbygegaan waarin dit nié

gebeur het nie, tot so onlangs as die Junievakansie. Jou herinneringe is konstant verfris. Dis normaal dat

jy die detail so goed kan onthou.”

Sy het na die persblou vissie gestaar wat om en om swem in die ingehokte ruimte. Iets in haar wou nie

glo wat sy hoor nie. Is dit voor die Here wáár dat sy nie verdigsels opgemaak het nie? Maak dit régtig nie

saak as sy soms die volgorde verkeerd het nie?

“Jou onderbewuste is ’n fliek, Gertruida. Jy’s die draaiboekskrywer én die regisseur én die

kameraman. Jy bêre die kameraskote onwillekeurig, en gooi hulle op die skerm wanneer …”

“Ek voel nie lekker nie. Kan ons vandag vroeg klaarmaak?”

In die sessie daarná is hulle deur niksseggendhede waaraan sy nooit weer sou dink nie. Die

sielkundige se vrae het haar telkens gelei om vergete dinge te herroep.

Het jy ’n kamerjassie gehad? Watter kleur? Hoe het dit vasgemaak, met knope of ’n band? Het dit tot

op jou voete of tot op jou knieë gehang? Kan jy onthou hoe het dit geruik? Was dit sag of grof? Het dit

sakke gehad? Wat sit jy in die sak?

Sy kon bykans alles onthou. Vir die eerste keer in baie jare van verwarring, het sy haar eie

verstrengelde beelde begin glo. Soos ’n blink-blink poort wat voor haar oopgaan.

Toe sy terug is skool toe in die jaar ná die kind se geboorte, het sy die stapel stowwerige kerkalmanakke

op die waenhuisrak stuk-stuk in haar koffer gepak en in die onderste rak van haar koshuiskas weggesteek.

Asof sy die stukkende jare wou bêre op ’n plek waar sy dit kan uithaal en daarna kyk.

Sy het ure daarmee gesit, gekyk wanneer was Nagmaal, Paastyd, skoolvakansies. Op los bladsye

aantekeninge gemaak oor oënskynlik losstaande gebeurtenisse. Klein storietjies oor haar lewe. Dan het sy

dit in ’n tyd probeer plaas, en die storiepapier by die betrokke maand ingesit. Alles was legkaartstukkies

wat sy wou inpas om sin te maak uit ’n sinlose bestaan.

Op ’n bloedwarm dag in haar tweede graadelfjaar, terwyl sy in ’n tenniswedstryd rus tussen stelle,

herroep sy die beeld van singende grootmense voor in die kerk. Almal dra rooi togas en hou rooi kerse

vas, silwer Kersfeesblinkers om hulle koppe. Daar is ’n tannie in die voorste ry wat partykeer alleen

sing, hoog soos ’n voëltjie. Die son skyn deur die kerkvensters op die tannie se skouer. Sy sing: “Dis

Kersfees … dis Kersfees …”

Terwyl die mense sing, dra haar ma haar by die kerk uit en neem haar toilet toe. Sy het ’n weggooidoek

aan, maar sy wil nie in die doek pie nie. Net babatjies pie in hulle doeke, en sy is nie meer ’n babatjie

nie. Sy is bang sy val in die toilet. Haar ma sê dis vandag Liewe Jesus se verjaarsdag en sy hoef nie bang

te wees nie. Haar ma hou haar hand teen haar rug, sodat sy nie inval nie.

Sy sukkel om te pie, want in die hoekie op die vloer agter die toiletdeur sit ’n spinnekop met lang-lang

bene, dun soos haartjies. Toemaar, sê haar ma, dis nie ’n spinnekop nie; dis net ’n gekraakte teël. Haar ma

draai die wasbakkraan oop en sê: “Sjwie-sjwie-sjwie.” Die water en die sjwie-sjwie-sjwie help dat die

pie uitkom.

Ná tennis is sy kerksaal toe, sonder Matrone se toestemming. Agter die deur in die hoektoilet, naby die

wasbak, kry sy die gekraakte teël, nes sy dit onthou. Ná aandstudie sit sy met die almanakke op haar bed.

Haar mond is droog toe sy sien Kersfees 1983 was op ’n Sondag, en dis op die almanak aangedui as

Kerskantate.

As sy soveel detail kan onthou van ’n dag toe sy nog nie eens ’n volle twee jaar oud was nie en ’n

weggooidoek gedra het, wat is daar nóg alles in haar geheuebank gebêre?

Sy kan duidelike flitse onthou van die tyd ná haar ma teruggekom het van die VLV-kongres in

Kaapstad. Glashelder beelde uit haar sub A-jaar. Haar ma het die oggend toe sy die eerste keer

grootskool toe is, ’n pienk kalkpil in haar hand gesit en gesê sy moet elke dag een kou by die koshuis, om

eendag sterk grootmenstande te hê. Twee vlegsels, ligblou linte. Deurskynende blou knoop aan haar

skoolrok se band. Ligblou rekkerige broekie.

Sy was niks bang vir grootskool nie. Daar was baie speelskooltjie-gesigte. En sy het Andrea goed

geken, oor Saterdae se tennis. Andrea was nie haar maatjie nie, maar soms het Andrea haar slaappop

gebring, dan speel hulle huis-huis in die lapa. Andrea was anders as ander kinders. Niks baasspelerig nie,

en het altyd gedoen wat mens sê. Maar sy het niks van Andrea gehou nie. Want eendag in die lapa het

Andrea iets leliks gedoen.

“Kom ek lek jou,” het Andrea gesê.

“Nee, my ma sê ek gaan omlope kry as Bamba in my gesig lek.”

Other books

Stadium: A Short Story by Moon, Scott
Warriors in Paradise by Luis E. Gutiérrez-Poucel
Down to the Sea by Bruce Henderson
Summerhill by Frane, Kevin
Shackles by Bill Pronzini